NewsSchools

EHS beloon akademiese uitblinkers

Die geleentheid is op luisterryke wyse begin met ’n optog van die akademiese personeel in togas geklee.

In volgorde van prestasie was Karischa Jordan, Zanri Joubert, Daniël Zietsmann, Jeanine Lamprecht, Nadia Truter, Alicia Fourie, Leonie Kruger, Carla Delport, Dian Marais en Marika Smith die top-presteerders in gr. 11 in 2013.

Gr. 10-leerders wat die Top Tien gehaal het, is Lyn-Marié Smit, Eswee Bothma, Marieke Odendaal, Anja Hattingh, Elani van Wyk, Michelise Swart, Ineke Brits, Anntonette Roux, Carna Myburgh en Zeleney Louw.

Gr. 9 se Top Tien is Jana Grey, Monique Thomson, NJ Nel, Braam Pretorius, Michelle Venter, Corli van den Berg, Madelein Snyman, Carla da Silva, Mureli Roux en Nadia Smith
Gr. 9 se Top Tien is Jana Grey, Monique Thomson, NJ Nel, Braam Pretorius, Michelle Venter, Corli van den Berg, Madelein Snyman, Carla da Silva, Mureli Roux en Nadia Smith
Die Top Tien-leerders in gr. 8 in volgorde van prestasie is Leané Grey, Amanda du Toit, Jessica van Rensburg,  Zané Rothmann, Niëline Joubert, Stephan van der Merwe, Christian Stoffberg, William Gardiner, Joané van Rheede van Oudtshoorn en Jana Prinsloo

EHS se Akademiese Lourierfunksie het Maandag plaasgevind waartydens leerders van gr. 8 tot 11 beloon is vir harde werk in 2013.

Die geleentheid is op luisterryke wyse begin met ’n optog van die akademiese personeel in togas geklee.

Sertifikate, halfkleure en erekleure is toegeken vir akademie en skoolbesoek en enkele kriekettoekennings is ook gemaak.

Trofeë vir prestasies in krieket het aan Hans Greyling (gr. 9 – beste junior speler), Alec McIntyre (gr. 11 – beste vordering) en Evan Kemp (gr 10. – beste speler in eerste span) gegaan.

Leerders wat trofeë vir akademie ontvang het, is Hemani Bhika (gr. 9 -beste leerling in Kuns en Kultuur), Eswee Bothma (gr. 10 – beste prestasie in Wiskunde en Rekeningkunde) en Karischa Jordan (gr. 11 – beste prestasie in Wiskunde).

Leané Grey (gr. 8), Jana Grey (gr. 9), Lyn-Marié Smit (gr. 10) en Karischa Jordan (gr. 11) het boekpryse ontvang vir die beste tweetalige leerders in hul onderskeie grade.

Leané Grey het die Trevor Smith-sportprys vir beste sport en akademie van gr. 8 tot 11 ontvang.

Karischa Jordan (gr. 11) het ses medaljes ontvang vir ses vakke waarin sy die topleerling was. Sy het ook ’n medalje ontvang vir sewe onderskeidings in gr. 11. Die Dux-leerling in elke graad wat medaljes ontvang het, is Leané Grey (gr. 8 – 94%), Jana Grey (gr. 9 – 94%), Lyn-Marié Smit (gr. 10 – 90%) en Karischa Jordan (gr. 11 – 92%).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button