NewsSchools

EHS voeg nog 8 A’s by 2013-prestasies

Die hernasien van die 2013 NSS-vraestelle se uitslae is dié week bekend gemaak. Nog agt onderskeidings is tot die EHS se total toegevoeg en die skool se matriekklas van 2013 spog nou met 206 onderskeidings. Topleerder, Sybrand Harris, steek nou ook ’n Wiskunde-onderskeiding in sy sak en het nou onderskeidings in al nege sy vakke. …

Die hernasien van die 2013 NSS-vraestelle se uitslae is dié week bekend gemaak.

Nog agt onderskeidings is tot die EHS se total toegevoeg en die skool se matriekklas van 2013 spog nou met 206 onderskeidings.

Topleerder, Sybrand Harris, steek nou ook ’n Wiskunde-onderskeiding in sy sak en het nou onderskeidings in al nege sy vakke.

Drie van die Erries wat aanvanklik vyf onderskeidings behaal het en nou met ses spog, is Gerhard Eloff, Esta Stoop en Tanya van Aardt. Twee Erries wat nou vyf onderskeidings het, is Nelus Hattingh en Impi Visser.

Ander Erries wat elk nog ’n onderskeiding gekry het, is Lenaida van den Bergh, Frans Klopper en Tristan Warren.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button