Hulle stel ’n voorbeeld
Sakeondernemings spring in en verwyder vuilis en ruim die omgewing rondom die Petdam op.
Personeel van Supa Quick het Saterdag hul moue opgerol in die onooglike onkruid wat die uitloop van Petdam in Joubertstraat ontsier het met bossiekappers afgesny en die omgewing rondom die brug skoongemaak.
Mnr. Matie Jacobs van Supa Quick Ermelo het gesê in plaas van om net te kla, het hulle besluit om tot aksie oor te gaan en iets daadwerklik te doen en nie te wag vir die munisipaliteit om werk daarvan te maak nie.
Hy het die hoop uitgespreek dat ander sakeondernemings die voorbeeld sal volg en ook ’n stukke van die dam sou ‘aanneem’ en skoonmaak.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



