NewsSchools

Brafords nou deel van landbou by MLA

Die Landties is opgewonde om deel te wees van die Braford-familie.

Die Veeplaas Braford-projek is onlangs by Morgenzon Landbou Akademie (MLA) van stapel gestuur .

In samewerking met die tydskrif Veeplaas is die eerste 10 verse reeds afgelaai en die Landties is opgewonde om deel te wees van die Braford-familie.

Die meeste tradisionele landbouskole is by dié Veeplaas-projek betrek en MLA is dankbaar vir die bydrae wat dit tot die leerlinge se landbouonderrig en opvoeding lewer.

Daar is reeds gesprekke aan die gang om die getal diere in dié projek uit te brei sodat die stoet vinniger kan groei.

Die eerste verse en hul 10 kalwers wat in Julie ontvang is, spruit uit die Heel Bo Stoetery in die Vrystaat.

MLA het reeds begin met die bemarking van die Braford-ras tydens die Nasionale Jeugskou wat die vakansie plaasgevind het.

Drie bulle, een van ’n stoetteler in die distrik, mnr. Gert van der Merwe, is deur die skool geskou, en die bulle het groot belangstelling onder die toeskouers gelok.

Braford-kursusse word ook in die vooruitsig gestel vir telers en leerlinge onder leiding van die president van die Brafordtelersgenootskap, Charlotte Schuite.

MLA bedank alle betrokkenes by dié projek en sien uit na die nuwe uitdaging wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button