NewsSchools

Errie-0/14’s in eindstryd

Dit het soos 'n onbegonne taak vir die Erries gelyk, maar met uitstekende boulwerk en Errie-"guts" het nege paaltjies vir slegs 41 lopies geval.

Hoërskool Ermelo se 0/14-krieketspan het verlede Donderdag in die Mpumalanga-halfeindstryd teen Penryn College op die EHS se veld te staan gekom.

Penryn het die loot gewen en het in perfekte boultoestande gekies om eerste te boul.

Die Erries was vroeg in die moeilikheid met die telling op 13/3, maar ‘n puik vennootskap om die vierde paaltjie het gesorg vir 176 lopies in 32.1 beurte.

Daarna het die Erries die boulwerk behartig en dadelik druk op hul teenstanders geplaas, maar die Penryn-kolwers het hulself goed gehandhaaf en die telling tot 89/1 opgestoot.

Dit het soos ‘n onbegonne taak vir die Erries gelyk, maar met uitstekende boulwerk en Errie-“guts” het nege paaltjies vir slegs 41 lopies geval.

Hoërskool Ermelo het die wedstryd met 46 lopies gewen.

Hardus Rothmann het 62 lopies van 45 balle in sy kolfbeurt aangeteken en die bouler Tristan Küsel het 5/28 behaal.

Die Erries se oorwinning het hul plek in die eindtryd teen HTS Witbank verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button