NewsSchools

Liggie-skuts skiet in SA’s

Verskeie Ligbron-skuts het as lede van die Mpumalangaskietspanaan die SA Skole Kampioenskappe deelgeneem.

Verskeie Ligbron-skuts het as lede van die Mpumalangaskietspanaan die SA Skole Kampioenskappe deelgeneem wat tydens die afgelope skoolvakansie op Hartebeespoort plaasgevind het.

Die voorlopige uitslae is:
Drean van Breda (0/14) behaal 1263 punte en ’n 29ste plek in sy ouderdomsgroep, Sophia Giliomee (0/14) behaal 1227 punte en eindig 38ste, Collin Henning (0/16) behaal 1397 punte en eindig 18de, Reinhardt Vorster (0/16) behaal 1360 punte en eindig 45ste, Jan Schoonraad (0/16) behaal 1349 punte en eindig 53ste, Jan-Hendrik Geldenhuys (0/16) behaal 1265 punte en eindig 97ste, Charles Giliomee (0/21) behaal 1397 punte en eindig 16de en Izelda Kritzinger (0/16) behaal 1375 en eindig 36ste.

Collin Henning was ook lid van die 0/16B-span wat ‘n goue medalje in hulle ouderdomsgroep verwerf het.

Die Mpumalanga-span het ook ’n silwer medalje verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button