NewsSchools

JJ beloon harde werk

Laerskool JJ van der Merwe se leerders is verlede week tydens die jaar se prestasietoekennings vereer vir hul harde werk.

Laerskool JJ van der Merwe se leerders is verlede week tydens die jaar se prestasietoekennings vereer vir hul harde werk.

Anke de Kock is aangewys as die akademiese dogter van die jaar; die beste gr.7-leerder; beste leerder in Tegnologie, Wiskunde en EWB (deel); asook hokkiespeler van die jaar.

Stephan Prinsloo het die prys ontvang as akademiese seun van die jaar.

Die prys vir die beste sport- en akademiese prestasie (seun) het aan Frankie dos Reis gegaan en hy deel die gholftrofee met Johan Roux.

Lana Herholdt het die prys vir beste sport-en akademie (dogter) ontvang en stap ook weg met trofeë vir die beste leerder in LWO, Afrikaans HT, SW, Afrikaans en Engels (deel) en sy deel ook die veelsydigheidstrofee met Dané le Roux.

Die sportdogter van die jaar is Chané Bester en Sias Jacobs is aangewys as sportseun van die jaar en hy ontvang ook ‘n trofee vir krieketspeler van die jaar.

Prajna Bhika het pryse ontvang vir beste eenmansaak, beste leerling NW, Skeppende kuns, Engels FAL en deel die trofee vir beste leerder EWB met Anke de Kock.

Akhona Magagula en Mbalenhle Nkosi deel die trofee vir beste leerder Afrikaans (vir Engelse leerders) en Mbalenhle is ook aangewys as beste leerder Engels HT en beste leerder Engels en Afrikaans (Engelse leerders).

Danika Drotsky is aangewys as beste dogterstennisspeler en deel die prys as beste gr. 6-leerder met Attiyah Jassat.

Die prys vir beste senior redenaar en die kultuurprestasietrofee het aan Jana Koegelenberg gegaan.

RD Engelbrecht het ‘n prys ontvang vir landloop (0/10-0/11) en is aangewys as die beste junior rugbyspeler.

Blake Schoeman het ‘n prys ontvang vir beste vordering in gr. 6, Desmond Slabberts ontvang die Op-i-planketrofee, Jacques Slabbert is aangewys as beste seunstennisspeler, Jan-Maarten van Schalkwyk is die beste junior skaakspeler, Jadon Gebhardt het die beste vordering getoon in Engels FAL en Johandré Möller het die beste vordering in gr. 7 getoon.

John Lloyd is aangewys as die beste gr. 5-leerder, Kevin van Wyngaardt is aangewys as beste rugbyspeler (snr.), Kirsten Lloyd is aangewys as beste junior redenaar en Marc le Roux het die leserskringtoekenning vir beste vordering in Afrikaans HT ontvang. Markus Kruger en Marzé Wentzel het die beste tweemansaak bedryf en Otto van Schalkwyk is aangewys as beste senior skaakspeler.

Rynard Herholdt is die beste tennisspeler en U-Lene Nortjé en Chané Bester is saam aangewys as netbalspeler van die jaar. Siphumelele Gwebu en Surprise Nkosi is albei vereer vir hul prestasie in landloop.

Vayda Coetzer het die beste vordering in gr. 5 getoon en Walter van der Walt is aangewys as perderuiter van die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button