Hoërskool Ermelo is trots op 2016 se 100% matriekslaagsyfer.
Hul spog ook met ’n string onderskeidings waarvan 155 A’s en 142 B’s.
Vier leerders, TJ Hill, Jana Grey, Michelle Venter en Jonothan Fourie is na die Provinsiale Akademiese prysuitdeling genooi – Lees meer in volgende week se uitgawe van die Hoëvelder.
70% van al dié leerders het toelating tot Graadstudie, 26% tot Diplomastudie en 4% tot Sertifikaatstudie.
Jana Grey spog met agt onderskeidings en Michelle Venter, TJ Hill, Monique Thomson en Corli van der Berg elk met sewe.
A’sTotaal
8 1
7 4
6 5
5 3
4 5
3 8
2 8
1 14
Nadia Smith het vyf onderskeidings behaal. (Afrikaans, Engels, LO, Biologie en Musiek).
Carla da Silva het ses onderskeidings behaal. (Afrikaans, Engels, Rekeningkunde, Geskiedenis, Biologie en LO).
Monique Thomson het sewe onderskeidings. ( Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, Ekonomie en Fisiese Wetenskap).
Corli van der Berg spog met sewe onderskeidings. (Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Kuns, RTT en Besigheidsstudies).