NewsSchools

JJ-spanne toer tydens vakansie

Laerskool JJ van der Merwe se 0/11- en eerste rugbyspan en B-netbalspanne het gedurende die skoolvakansie op Volksrust meegeding.

Laerskool JJ van der Merwe se 0/11- en eerste rugbyspan en B-netbalspanne het gedurende die skoolvakansie op Volksrust meegeding.

Op die rugbyveld het die eerstes al hul wedstryde gewen. Hul uitslae is as volg: Witrivier 24-14, Piet Retief 10-5, Barberton 48-5, Lydenburg 33-24 en Pretoria-Oos 26-0.

Carlo da Silva, CJ van Huyssteen, Marko Ferreira, Tiaan Grobler en Steyn Landman is onderskeidelik in die vyf wedstryde as speler van die wedstryd aangewys.

Die 0/11-span het ook al hul wedstryde gewen en spog met die volgende tellings: Paul Pietersburg 51-0, Lydenburg 46-0, Piet Retief 19-15, Witrivier 31-15 en Pretoria-Oos 49-0.

Christiaan Horn, Marnus Marx, Carel Jacobsz, Franco Prinsloo en Jaco van Wyk is onderskeidelik as speler van die wedstryd gekroon.

Die 0/11B- en 0/13B-netbalspanne het die prys ontvang vir die spanne met die beste gees.

In die 0/11-afdeling is Ziyanda Machaba as beste verdediger, Madelein Ferns as beste aanvallende vleuel en Chané Thirion as die speler met die beste maniere gedurende die toernooi aangewys.

In die 0/13-kamp het Rafiloe Moloi weggestap met die prys vir beste houding en Ansha Jordaan is aangewys as die beste senter van die toernooi.

Die netbal se eerste en 0/11-span het na Pretoria gereis waar albei spanne twee uit hul vyf wedstryde gewen het.

Die eerstes het vasgeval teen BPMS, Lichtenburg en Hennopark en wen oortuigend teen Reitz (24-4) en klop Trichardt 22-14.

Die 0/11-span se twee oorwinnings was teen Trichardt (11-10) en Impala (18-1), maar kon nie die mas teen Saamtrek, Menlopark en Edleen opkom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button