20 finaliste het vanjaar aan die Mnr. en Mej. Liggie-kompetisie deelgeneem tydens ’n glansgeleentheid in die skoolsaal.
Vanjaar se tema was “herwinning” en die finaliste moes ’n informele uitrusting uit herwinbare materiaal ontwerp en maak om gedurende die aand aan te trek.
Die finaliste was vanjaar uiters oorspronklik met hul ontwerpe en het verras met die interessante uitrustings waarmee hul vorendag gekom het.
Elkeen het die geleentheid gebruik om die sakeonderneming of instansie wat hulle geborg het, uit te beeld. Daarna het die finaliste in formele drag voor die beoordelaars gepronk.
Thalita Malan is aangewys as die tweede prinses met Collin Scheepers as die tweede prins. Mandisa Motha is die eerste prinses en Marius Ferreira die eerste prins,en Steff du Toit en Atiyyah Omarjee is aangewys as Mnr. En Mej. Liggie 2017.
Ligbron het in samewerking met Penny’s Recycle and Waste Centre en Mpact ook ’n herwinningsprojek geloods en is nou ook ’n herwinningsentrum vir plastiek, glas, blikkies en papier.
Die Liggies versamel ook nou saam met die ander instansies plastiese bottelproppies. Vir elke 450 kg proppies wat ingesamel word, word ’n rolstoel geskenk.
Die organiseerders bedank almal wat by die reëlings betrokke was sowel as die borge en ouers.