Die 0/9-rugbyspan van Laerskool JJ van der Merwe het verlede Maandag op Bethal se velde teen Laerskool Nelspruit in die Mpumulanga-eindstryd vir groot skole te staan gekom.
JJ het as die wenners uit die stryd getree met ‘n eindtelling van 24-22.
Drieë is gedruk deur WJ Pretorius (2), Zander Muller en Bernard Lager.
WJ Pretorius het met twee doelskoppe geslaag.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



