CrimeNews

Vermiste seun, Bonganinkosi Vilakazi, veilig tuis

Weens die sterk polisieteenwoordigheid was Bonginkosi glo bang om huis toe te gaan ingeval hy in die moeilikheid is.

Die polisie-duikspan het Vrydag vergeefs gesoek na ‘n 13-jarige seun wat verlede Dinsdag as vermis aangemeld is.

Volgens die seun se vriende het hulle hom laas gesien toe hulle almal langs ‘n stroom in Wesselton gespeel het en hy gesê het hy gaan verder stroom-af swem.

Volgens die seun se pa, Petros Vilakazi, het sy seun, Bonginkosi, Saterdag saam met ‘n vriend van die familie ongedeerd by die huis opgedaag.

Weens die sterk polisieteenwoordigheid was Bonginkosi glo bang om huis toe te gaan.

Sy pa het die polisie Maandag ingelig dat Bonginkosi veilig tuis is.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button