CrimeNews

Vrou van duisende rande beroof

Volgens me. Nkosi vermoed sy dat die mans haar vanaf Ermelo agtervolg het.

Me. Lindiwe Nkosi is Saterdagoggend omstreeks 11.30vm op die N11  beroof.

Sy was op pad terug na haar werk by die Welgemeen Myn nadat sy ’n aansienlike bedrag geld in Ermelo getrek het.

Drie passsiers was saam met haar in die voertuig.

Nadat sy afgedraai het op die Kromkrans-grondpad na die myn sowat 35km van Ermelo, het ’n voertuig met vier mans haar van die pad af gedwing.

Hulle het aan die vier insittendes gesê om in die motor te bly en aan haar gesê hulle weet sy het geld by haar en die geld geëis.

Volgens me. Nkosi vermoed sy dat die mans haar vanaf Ermelo agtervolg het.

Die een rower het ’n skêr teen haar nek gedruk en weer die geld geëis.

Die ander passasiers is ook van hul selfone beroof.

Nadat die rowers die voertuig se bande met die skêr stukkend gesteek het, het hulle op die vlug geslaan.

Sowat 1,2km verder, het die bestuurder beheer verloor en die voertuig het gerol.

Hulle het toe te voet verder gevlug.

Me. Nkosi het haar werk se selfoon onder haar trui gehad en het die polisie en haar toesighouer geskakel.

Die polisie het eers verby die grondpad gery en het omgedraai toe hul twee mans langs die pad gewaar het wat geryloop het.

Toe hulle gestop het, het die mans weggehardloop. Een rower is gevang en die ander een het die mielielande ingevlug maar is ook later gevang en albei is in hegtenis geneem.

Die ander twee rowers en die geld was nêrens te vinde nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button