MunicipalNews

Tydelike oplossing vir kragkabels in Nederland Park op Ermelo is steeds nie reggestel nie

Inwoner sê dit hou groot veiligheidsrisiko vir veral kinders wat nuuskierig is, in.

Die Hoëvelder het reeds in 13 April se uitgawe (Kragkabels ’n tydelike oplossing) berig oor die kragkabel wat volgens die munisipaliteit as tydelike oplossings gebruik is.

Die kragboks is by die Pres. Steynlaan- en Paul Krugerwegkruising in Nederland Park opgemerk.

’n Inwoner wat die probleem onder die koerant se aandag gebring het, het gesê dat dit ’n groot veiligheidsrisiko vir veral kinders wat nuuskierig is, inhou.

“Kinders wat nie van beter weet nie, kan dood skok en wie gaan dan verantwoordelikheid aanvaar?” het die inwoner wat anoniem wou bly, gesê.

Die kragbokse waaruit kragkabels na ’n kragboks in die straat af lei, staan al vir ’n geruime oop.

Volgens die woordvoerder van die Msukaligwa Munisipaliteit, mnr. Mandla Zwane, was die kabels slegs ’n tydelike oplossing nadat werkers van die elektriese afdeling ’n foutiewe kabel probeer opspoor het.

Hy het ook in April bygevoeg dat die elektriese afdeling die probleem binne vyf dae sou regstel, maar tot nou is niks aan die saak gedoen nie.

Kragbokse wat oop staan word regdeur die dorp opgemerk.

Navrae is aan die munisipaliteit gerig, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button