Ermelo Polisie ondersoek ‘n gewapende roof wat Donderdag, 25 Oktober ongeveer 8.20nm plaasgevind het.
Volgens die woordvoerder van Ermelo Polisie, Kapt Carla Prinsloo, is twee sekuriteitswagte by Ermelo Bricks deur ‘n groep van agt mans oorval.
Die verdagtes het die wagte aangerand en met skoenveters vasgebind.
“Die mans het die werkswinkel deursoek en verskeie toerusting en gereedskap ter waarde van R98 500 in ‘n voertuig gelaai en gevlug.” het Kapt Carla Prinsloo gesê.
Enige persoon met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help word versoek om Kaptein VP Mkhonza te kontak by 027 819 2321/8 of alternatief by 082 373 8389.
Also read:
https://highvelder.co.za/70554/security-officers-held-gunpoint-doe-offices/



