MunicipalNews

Ermelo inwoner ontstig – 11 werkers en twee grondverskuiwingsvoertuie om een gat op te vul

Oorspronklik was dit net die werkers teenwoordig, maar toe is daar besluit om die swaargewigte in te bring om die werk te vergemaklik

Mnr. Corne van Rooyen is ontstig omdat die Msukaligwa Munisipaliteit 11 werkers en twee bestuurders van grondverskuiwingsvoertuie Sondag, 19 Julie, ingespan het om ‘n enkele gat in Theronstraat op te vul.

Volgens mnr. Van Rooyen, het ‘n pyp by sy ouerhuis gebars waarvan die gat wat uitgegrou is, weer opgevul moes word.

Hy het vertel dat die munisipaliteit die lek herstel en oopgelos het, glo sodat die water kon opdroog en om te verseker dat die lekkasie behoorlik herstel is.

“Dit was sowat drie weke gelede en hulle het gewag tot gister, ‘n Sondag, om die gat uiteindelik te kom toe maak,” het hy vermeld.

“Waarom word Sondae gekies om dié werk te verrig? Dit is duidelik ‘n taktiek om oortyd te eis en op die ou end moet belastingbetalers opdok.”

Volgens hom kan hy ook nie verstaan waarom 11 werkers, uitsluitend die bestuurders van die grondverskuiwingsvoertuie, nodig was om die gat op te vul nie.

’n Grondverskuiwingsvoertuig vul op 19 Julie ’n oop gat in Theronstraat nadat ’n waterpyp sowat drie weke gelede gebars het.

“Oorspronklik was dit net die werkers teenwoordig, maar toe is daar besluit om die swaargewigte in te bring om die werk te vergemaklik.

“Die werkers kon rustig rondstaan en toekyk, wetend dat hul van hul oortyd verseker is.” Die bestuurder van een voertuig kon daarin slaag om die gat aan een kant op te vul, maar wou egter

daarna toestemming hê om oor ‘n muur in die tuin te ry om die ander gedeelte op te vul.

Die inwoner het volstrek geweier siende hy van die mening was dat hul die muur sou omry en beskadig.

“Dit is vir my ironies hoe die munisipaliteit, wat nie geld het nie, sy werkers se sakke met oortyd-geld kan laai en daarenbowe masjienery opsaal om al die werk te doen.

“Ek wil egter nie hê die gemeenskap moet glo ek is ondankbaar nie, ons waardeer opreg die werk wat uitgevoer is, en dat die pyp herstel is, maar in hierdie beproewende tye moet mens werklikwaar kyk waar ‘n mens kostes kan bespaar en ek hoop ter harte die munisipaliteit deel dié sentiment.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button