Sport

Brits haal swaarste sak by hengelkompetisie uit

Die Ermelo Basa Sosiale Hengelklub se maandelikse kompetisie het op 31 Oktober plaasgevind, waar Spyker Brits met ’n swaarste sak die eerste plek ingepalm het.

Die Ermelo Basa Sosiale Hengelklub het op 31 Oktober sy maandelikse hengelkompetisie by Ons Pan aangebied, waar deelnemers verskeie mooi visse uit die water gehaal het.

Die hengelaars het vroegoggend na die dam vertrek.

Spyker Brits het met die swaarste sak van 29,5 kg die eerste plek behaal. Pieter Mostert het tweede geëindig met 23,59 kg, gevolg deur Jaco Oosthuizen in die derde plek met 18,23 kg.

Die klub bied maandeliks kompetisies by verskillende damme in die omgewing aan. Tydens elke byeenkoms word die hengelaars se vangste geweeg en punte volgens hul resultate toegeken.

Aan die einde van die jaar word ’n klubkampioen op grond van die punte aangewys.

Belangstellendes wat by die klub wil aansluit of meer oor komende kompetisies wil weet, kan Jaco Oosthuizen by 082 336 6937 kontak of die Basa Sosiale Hengelklub se Facebookblad besoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button