MunicipalNews

Verskeie partye hoop vir verandering en wetsgehoorsaamheid in die verkiesing

Meeste van die partye het vertel dat hulle hoop vir verandering en wetsgehoorsaamheid tydens die verkiesing. 

ERMELO – Die Hoëvelder het vanoggend by verskeie stempunte in Ermelo navrae gedoen by raadslede oor hul algemene gevoel oor hoe dié verkiesing gaan verloop en waarna hul streef.

Meeste van die raadslede van verskeie partye het vertel dat hulle hoop op verandering en wetsgehoorsaamheid tydens die verkiesing.

Mnr. Shobie Arnoldi van die VF+ het vertel dat hulle prioriteit-dienslewering en positiewe verandering op die dorp wil bewerkstellig.

Volgens mnr. Amos Mprah van die ANC, beoog hulle om dienslewering op te skerp.

Die ACDP glo dat dié verkiesing goed sal verloop vir hul party en hulle hoop om ten minste een setel in die munisipaliteit te kry.

“Daardeur kan ons verandering vir die beter op ons dorp aanbring,” het mnr. JJ Scholtz, een van die ACDP-kandidate, gesê.

Lede van die DA het vertel dat hulle hoop en glo die verkiesing sal regverdig geskied.

Inwoners word herinner dat die stembusse vanaand om 21:00 sal sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button