MunicipalNews

Pet Dam-water toets positief vir E.Coli en fekale koliforme

Jare lange klagtes van verstopte dreine, partytjiegangers wat die dam as ’n badkamer gebruik, asook die morsjorse wat hulle rommel daar stort, val op dowe ore.

ERMELO – Inwoners het die afgelope tyd op sosiale media hul misnoeë oor die ondraaglike reuk van riool wat rondom die Petdam in die lug hang, te kenne gegee.

Jare lange klagtes van verstopte dreine, partytjiegangers wat die dam as ’n badkamer gebruik, asook die morsjorse wat hulle rommel daar stort, val op dowe ore.

Ná die onlangse geval waar ’n mangat oorgeloop en riool onverpoosd in die dam invloei, is daar ’n watermonster na die Regen Waters Laboratorium gestuur.

Die uitslae het aangedui dat die water nie veilig vir menslike gebruik is nie en die aanbevelings was dat die bron van die besoedeling ondersoek moet word.

Die gebruik van chloor om totale ontsmetting van die water te bewerkstellig, is aanbeveel.

Volgens die verslag van die laboratorium is daar gevind dat die waterbeperkings wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) bepaal is, oorskry word.

Totale fekale koliforme (>10) en heterotrofiese plaattelling (HPC) (>1240) oorskry die beperkings van onderskeidelik 0 en 1 000 wat deur SANS 241:2015 bepaal word.

Die verslag lui: “Die drinkwatermonster het positief getoets vir patogeniese bakterieë (E. coli/fekale koliforme bakterieë).

“Hierdie bakterieë is siektevormend en die watermonster dui daarop dat dit nie veilig vir menslike gebruik is nie.

Die Msukaligwa Plaaslike Owerheid het intussen besluit, nadat riool uit dié drein vir meer as twee weke in die dam gestroom het, om die blokkasie te ondersoek. Komberse en ander voorwerpe is uit die drein verwyder.

Hoëvelder het navrae aan mnr. Mandla Zwane, woordvoerder van die plaaslike owerheid gerig, soos of hulle enige planne het om die besoedeling van die dam aan te spreek, maar geen terugvoering is tot dusver ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button