MunicipalNews

AfriForum maak blou-en-groendruppeluitslae bekend – Msukaligwa voldoen aan vereistes

Alle dorpe wat onder die Msukaligwa Munisipaliteit se bestuur val, het aan die minimum vereistes van die toetse voldoen.

AfriForum het onlangs dorpe in Mpumalanga se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga het gesê: “Ons kon vasstel dat al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater.”

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen twaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Van hierdie twaalf aanlegte is daar een aanleg wat glad nie funksioneer nie en geen rioolinvloei ontvang nie.

Alle dorpe wat onder die Msukaligwa Munisipaliteit se bestuur val, het aan die minimum vereistes van die toetse voldoen.

Carolina (Chief Albert Luthuli Munisipaliteit) het ook ’n stempel van goedkeuring ontvang.

Lees meer hieroor in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button