ERMELO – Met die reënseisoen op ons, het verskeie inwoners hul bekommernis oor die toestand van die dorp se paaie onder Hoëvelder se aandag gebring.
Sommige dorpenaars is van mening dat die talle vragmotors wat van die dorp se paaie gebruik maak, asook swak onderhoud van hierdie paaie, die hoofredes is vir die slaggate wat oral oopbreek.
Inwoners wat op die Morgenzonpad bly het hul frustrasie oor die toestand van dié pad op sosiale media geuiter.
Me. Sylvia van Eeden Botha het op sosiale media geskryf oor die toestand van dié pad: “Wonder hoeveel mense moet nog ’n motorband verloor of hul kar beskadig op die Morgenzonpad, of dalk hul lewe verloor? Wonder of hul dan iets gaan doen?”
Me. Loretta Muller, een van die inwoners wat elke dag van die Morgenzonpad gebruik maak, het geskryf: “Mense ry aan die verkeerde kant van die pad om die damme mis te ry. Hier gaan nog ’n lelike ongeluk plaasvind.”
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



