MunicipalNews

Gat vorm in Jansenstraat, tog val klagtes op dowe ore

Me. Trudie Neethling het vertel dat sy en haar man dit al verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld het, maar dat niemand nog uitgekom het om die ingang te herstel nie.

ERMELO – ’n Inwoner van Jansenstraat het die Hoëvelder onlangs gekontak oor ’n stormwaterpyp wat in haar inry gebars en vervolgens ’n masiewe gat laat vorm het.

Me. Trudie Neethling het vertel dat sy en haar man die aangeleentheid reeds verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld het, maar dat niemand nog uitgekom het om die ingang te herstel nie.

Sy is bekommerd en van mening dat dit ’n gevaar vir motoriste inhou, asook vir voetgangers wat in die aand daaroor stap.

Dit is al bykans twee weke sedert die probleem by die munisipaliteit aangemeld is.

“Een van die inwoners wat hier bly het reeds hulle voertuig beskadig met die gat,” het me. Neethling genoem.

Die Hoëvelder het navrae aan mnr. Mandla Zwane, woordvoerder vir Msukaligwa plaaslike owerheid, gestuur maar nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button