MunicipalNews

Inwoners van Power- en Murraystraat in Ermelo die josie in oor riool

Behalwe vir die reuk van riool wat konstant in die lug hang, moet inwoners en werknemers by die Eskom se verspreidingskantore daagliks deur die rioolwater ry om by die werk te kom.

ERMELO – Inwoners en werkers in Power- en Murraystraat is raadop oor riool wat volgens hulle al vir maande in die strate afloop en ook die spruit daar naby besoedel.

Behalwe vir die reuk van riool wat konstant in die lug hang, moet inwoners en werknemers by die Eskom se verspreidingskantore daagliks deur die rioolwater ry om by die werk te kom.

Kinders speel in die agtergrond waar riool oorstroom.

Een van die werkers het gesê dat hulle by die huis hul voertuig tot laat in die aande buite laat staan, en dat hulle al opgegee het om dit daagliks te was.

“Ons motorhuis stink van die reuk van riool wat aan die voertuig hang,” het hulle gesê.

Hoëvelder het met verskeie inwoners in die omgewing gesels, wat gesê het dat hulle gereeld kinders in die veld sien speel en vrees dat hulle ernstig siek kan word van die riool.

Voertuie moet daagliks deur die poele rioolwater ry.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button