MunicipalNews

Meppel-plaaswaglede sny wattelbome af wat gevaar ingehou het vir motoriste

Motoriste kon nie om die draaie daar sien nie, wat volgens die lede van die Mepple-plaaswag ongelukke op die pad veroorsaak het.

ERMELO – Boere en plaaswerkers van die Meppel-plaaswag en Ermelo-Oos-boerevereniging het op 6 April die wattelbome om verskeie draaie op die Lothair-pad afgesny.

Motoriste kon nie om die draaie daar sien nie, wat volgens die lede van die Mepple-plaaswag ongelukke op die pad veroorsaak het.

Dié lede het in 2018 ook van dié bosse afgesaag en dit ’n instelling gemaak om die veligheid van alle motoriste wat van die pad gebruik maak, te verseker.

Lede van die Meppel-plaaswag en Ermelo-Oos-boerevereniging saag van die wattelbome langs die Lothair-pad af om sigbaarheid op die pad te verbeter.

Hoëvelder het die gebied besoek en gesien dat die sig van aankomende motoriste geheel en al deur die bome belemmer word.

Die koerant het navrae aan mnr. Mandla Zwane, die plaaslike owerheid se woordvoerder, gestuur om uit te vind wie verantwoordelik is vir die instandhouding van die pad en waarom daar geen aandag aan dié kwessie gegee word nie, maar wag vir terugvoering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button