MunicipalNews

Inwoners kla weer oor riool in Power- en Murraystraat

Inwoners is raadop met die munisipaliteit se agteloosheid in die verband.

ERMELO – Inwoners en werkers in Power- en Murraystraat het weer eens hul frustrasies by Hoëvelder uitgespreek oor riool wat volgens hulle al maande lank by die strate afloop en ook die spruit daar naby besoedel.

Die koerant het met verskeie inwoners gesels, wat genoem het dat hulle die verstopte drein net buite hul hek al

verskeie kere by die plaaslike owerheid aangemeld het.

Diere in die omgewing drink van die stroom rioolwater.

Een van die inwoners sê dat die munisipaliteit sowat drie maande geneem het om die drein oop te maak, maar dat dit van korte duur was en dat die riool nie lank daarna nie weer deur hul erwe gestroom het.

Die verstopte drein loop steeds oor en dam op in die pad wat die werknemers by die Eskom se verspreidingskantore gebruik om by die werk te kom.

Behalwe vir die reuk van riool wat in die lug hang, moet dié inwoners en werknemers daagliks deur die rioolwater ry.

Inwoners in die omgewing spring oor ‘n stroom rioolwater.

Die ompad is in ‘n haglike toestand en motoriste met kleiner voertuie wil dit liewer nie waag nie.

“Ons motorhuis stink van die reuk van riool wat aan die voertuig hang, en dit help nie eers om die voertuig te was nie, want môre is dit weer van voor af dieselfde,” het een van die werknemers se man gesê.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button