News

Brand saai verwoesting in Ermelo

Sterk winde het die verwoestende brand teen ‘n hoë spoed aangejaag.

ERMELO – ‘n Verwoestende brand het vroeër vandag naby die perdeterapiesentrum in Camdenlaan uitgebreek en die weiding van die perde vernietig.

Kort nadat inwoners wat naby die perdekampe woon die rook opgemerk het, het verskeie inwoners ingespring om die perde na veiligheid te neem en die brand te blus.

Die vuur is aangehits deur sterk winde.

GALERY – Brandweermanne en plaaslike gemeenskap bestry groot veldbrand in Camdenlaan

Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste, sowel as Working on Fire was op die toneel.

Die brandweerwa van Working on Fire het egter in die nat veld vasgeval en is later deur Van Wettens Insleepdienste uitgesleep.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button