News

Gemeente op Ermelo verwelkom nuwe dominee

Ds. Willie Krige sien uit na nuwe uitdaging en nuwe gemeente op Ermelo.

ERMELO – Ds. Willie Krige is onlangs as die nuwe dominee van die Evangelies-Gereformeerde Kerk bevestig.

Willie en sy vrou, Lindie, was vanaf Augustus 2012 aan die gemeente in Meyerton verbind en het op 12 Augustus na Ermelo verhuis.

Voor Willie se roeping in die bediening was hy ’n elektrisiën. Hy het gevoel dat die Here hom na die bediening toe roep, maar soos mense maar is het hy sy eie kop gevolg.

“Kort nadat ek met 11 000 V geskok was, het ek besef dat die Here my ernstig roep om vir Hom in die bediening te werk,” het Willie gesê.

Hy het sy vrou in 1995 ontmoet, en hulle is sowat twee jaar later getroud.

In 2003 het hy by die kweekskool aangesluit om sy studies in teologie te begin, waarna hy in 2009 sy praktiese jaar by Kroonstad voltooi het.

Die Krige-gesin het in 2010 by die gemeente in Kroonstad aangesluit, waar hulle vir twee en ‘n halwe jaar betrokke was.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button