Ermeloërs betreur egpaar se dood
Dewald en Izanie sal altyd onthou word vir die impak wat hulle op almal wat hul paaie gekruis het, gemaak het.
LYDENBURG – Dewald Pretorius en sy vrou, Izanie, se lewens is op 23 September tragies kort geknip toe ‘n wegholvragmotor onbeheersd deur die strate van dié dorp gejaag het.
Die vragmotor het die Pretorius-egpaar se VW Polo getref, en toe nog vir sowat 4 km verwoesting gesaai het.
Die nuus het nie net skokgolwe deur die gemeenskap van Lydenburg gestuur nie, maar ook vir die vriende en geliefdes van dié egpaar in Ermelo het dit gevoel of die wêreld stil gaan staan het.
Dewald en Izanie is op 13 Januarie 2018 getroud, en sal altyd onthou word vir die impak wat hulle op almal wat hul paaie gekruis het, gemaak het.
Volgens vriende van die egpaar was niks ook te veel moeite vir hulle nie, en was hulle altyd net ‘n oproep ver.
Huldeblyke van vriende, kennisse en familie het kort na hul dood op hul sosialemediabladsye ingestroom en elkeen getuig van hoe geliefd die egpaar was.
“Ons mis julle al klaar so ongelooflik baie, en julle gaan vir ewig in ons harte en memories voortleef,” het Lizandri Venter op hulle Facebook-blad geskryf.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



