Ermelo-kunstenaars vier plaaslike talent by jaarlikse uitstalling
ERMELO – Die Ermelo Kunsvereniging se jaarlikse kunsuitstalling op 30 Oktober het plaaslike kunstenaars se kreatiwiteit en talent in die kollig geplaas tydens ’n gesellige openingsaand by Izimbali Lodge & Restaurant. Altesaam 13 plaaslike kunstenaars het aan die uitstalling deelgeneem en ’n verskeidenheid kunswerke, waaronder skilderye, beeldhouwerke en ander kunsvorme, uitgestal. Elmarie Celliers, ’n lid
ERMELO – Die Ermelo Kunsvereniging se jaarlikse kunsuitstalling op 30 Oktober het plaaslike kunstenaars se kreatiwiteit en talent in die kollig geplaas tydens ’n gesellige openingsaand by Izimbali Lodge & Restaurant.
Altesaam 13 plaaslike kunstenaars het aan die uitstalling deelgeneem en ’n verskeidenheid kunswerke, waaronder skilderye, beeldhouwerke en ander kunsvorme, uitgestal.
Elmarie Celliers, ’n lid van die vereniging, het die uitstalling amptelik geopen, terwyl Sarita Gous die verkope behartig het. Drini Jacob en haar personeel van Izimbali Lodge & Restaurant het die geleentheid aangebied en met die reëlings gehelp.
Die vereniging het almal bedank wat die openingsaand bygewoon en die kunstenaars se werk ondersteun het. ’n Spesiale woord van dank is ook aan die 13 kunstenaars en die Izimbali-span gerig vir hul bydrae tot die sukses van die geleentheid.
Volgens Anita Grobler , ’n lid van die vereniging, het verskeie van die kunstenaars oor die jare kunsklasse in Ermelo aangebied, terwyl sommige steeds onderrig gee of kunsadvies verskaf.
Onder die kunstenaars wat steeds betrokke is by kunsonderrig en kunsadvies, is Drini Jacob, Isabel Naudé, Peter Borrowdale, Sarita Gous, Soekie Human, Carin van der Merwe en Hillary Grant-Currie.
Die kunsuitstalling duur tot 27 November. Besoekers wat nie die openingsaand kon bywoon nie, kry dus steeds die geleentheid om die werke te besigtig.
Die kunswerke is ook te koop. Belangstellendes kan Izimbali kontak om met die betrokke kunstenaars in verbinding te tree.
Enigiemand wat by die vereniging wil aansluit, kan Grobler by 082 742 6887 kontak.






