Ligbron-leerling oorwin pyn en beperkings ná operasie
Arné van der Westhuizen oorwin pyn en uitdagings ná operasie en begin haar graad 11-jaar in 'n rolstoel.
ERMELO – Vir baie leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie was die eerste kwartaal van gr. 11 ‘n uitdagende aanpassing, maar vir Arné van der Westhuizen het dit ‘n ware toets van deursettingsvermoë geword.
Arné, wat al vir die afgelope sewe jaar met ernstige knie- en beenprobleme sukkel, het op 5 Desember verlede jaar ‘n operasie ondergaan om dit te herstel.
Sy het haar gr. 11-jaar in ‘n rolstoel, wat aangepas is om haar bene reguit te ondersteun, begin.
Dit het haar mobiliteit in die besige skoolomgewing aansienlik beperk, maar Arné het nie toegelaat dat dit haar onderkry nie.

Met ‘n glimlag was sy elke dag by die skool, bygestaan deur haar lojale vriende, Clinton Boshoff en Doné Janse van Rensburg, wat haar tas gedra het en haar tussen klasse
gehelp het.
“Die moeilikste tyd van hierdie hele tydperk na my operasie, was dat ek niks vir myself kon doen nie, en om skool toe te gaan met ‘n rolstoel was beslis ‘n daaglikse uitdaging,” het Arné gesê.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



