Allenpark hou kermis

ALLENPARK bied sy gewilde jaarlikse kermis op 14 Mei by die tuiste aan.

Kempton Park Pipe Band sal die verrigtinge open. Musiek vir die oggend is uit die boonste rakke saam met Izak Davel, Louis-John Husselman, Liila, Sonja en Leon en nog meer. Daar sal ook ‘n “flash mob”-koor wees, pannekoek, jaffels, kerrie-en-rys en baie stalletjies.

Back to top button