Bobby van Jaarsveld sing by Riebielympics
DIE Riebielympics, Laerskool Van Riebeeckpark se jaarlikse pretgeleentheid, vind op 6 September by die skool plaas.
Vanjaar tree die bekende Bobby van Jaarsveld om 6nm op.
Die tema is karnaval en daar sal baie lekker aktiwiteite en eetgoed deur die dag beskikbaar wees. Kunstenaars tree ook op.
Die hekke maak om 10vm en kaartjies kos R50, wat Bobby se konsert insluit.