Christelike konsert by Jeugland
TRISTAN Kasselman en Adriaan Myburgh, gr 11 leerlinge van Hoërskool Jeugland, hou ‘n Christelike jeugkonsert vir hul debutantprojek by die skool.
Die konsert is Saterdag, 27 September, vanaf 5.30nm tot 10nm en al die fondse wat ingesamel word, gaan aan die skool en liefdadigheid.
Unity in Motion, Revelation en Parts and Fiction tree op en is veral op die jeug gefokus.
Kaartjies is R20 ‘n persoon en verversings sal te koop wees.
Die eerste 100 leerders wat deur die hek kom, kry ook ‘n gratis Revelation CD.