Con Amore hou verskeidenheidskonsert
‘n Verskeidenheidskonsert word op 6 September deur Con Amore, ‘n skool vir gestremdes, in die saal van die NG Gemeente Kemptonpark (Monumentweg) aangebied.
Tydens die konsert gaan Con Amore se koor en orkes verskeie items lewer.
Daar gaan nog deelnemers wees uit verskeie kerke en verskillende ouderdomsgroepe, wat ook iets wil terugploeg. Die program word verder afgewissel met ernstige en humoristiese items. Die aanbieders is vol vertroue dat die gehoor dit sal geniet en ook gaan help om te ploeg en te saai.
Die konsert is van 10vm tot 12nm en kaartjies kos R50 volwassenes en R20 kinders (6-12 jaar), wat verversings insluit.
Skakel Bettie Loock by 082-961-0307 of 011-396-1225 (werksure).