Dr Gustav Gous praat by Allenpark
DIE gewilde lewensafrigter op RSG, dr Gustav Gous, kuier op 23 April om 10vm by Allenpark.
Gous bied die program, Fiks vir die Lewe, op Radio Sonder Grense aan. Hy gaan oor ‘n lewe na aftrede gesels. Hy gaan haal jou waar jy is en help jou om te kom waar jy wil wees. Jy kan gelukkig en vervul wees ten spyte van jou omstandighede.
Die publiek word genooi om die oggend saam met die raad vir bejaardes te deel. Toegang is gratis.
Navrae en besprekings by kan by Sarie Scheepers by 083-627-5966 of of Rika Jansen van Vuuren by 011-972-4268 gedoen word.