Elton John ‘tribute’-vertoning

Rainer Jadischke hou op 31 Oktober om 7nm ‘n Elton-John “tribute”-vertoning by die Endeo AGS-gemeente (h/v 2de Laan en 6de Straat, Northmead).

Bring jou eie piekniekmandjie en geniet ‘n aand van wonderlike musiek.

‘n Gedeelte van die opbrengs is ten bate van liefdadigheid.

Bespreek jou tafel of kaartjies teen R120 ‘n persoon by Dalene de Waal by 011-425-3296.

Back to top button