Gedig-kompetisie by Birchleigh
Die ATKV Woordkrag-tak hou sy Poetry Slam-finaal vanaf 6nm op 14 Augustus by Hoërskool Birchleigh.
Die doel van die kompetisie is om die skryf van poësie onder hoërskoolleerders aan die Oos-Rand te bevorder.
Leerders kon in Afrikaans of Engels hulle gedigte inskryf en die gedigte word dan voor ‘n gehoor voorgedra tydens die finaal.
Birchleigh het sewe inskrywings, Oosterlig ses, Springs Girls’ High vier en Hugenote, Dr Johan Jurgens en Die Anker een elk.