Hollandse mark by Oranjehof
ORANJEHOF Aftree-oord hou op 2 Mei weer sy jaarlikse Hollandse mark.
‘n Springkasteel en ander aktiwiteite vir kinders word gereël, sodat ma en pa kan rondkuier. Daar is verskeie stalletjies met egte Hollandse en Afrikaanse produkte, asook ‘n teetuin met Hollandse gebak.
Parkering is volop en die mark sal van 8.30vm tot 2nm oop wees.
Vir meer inligting, skakel 011 973-3019, of vir Martha Jansma by 071 642 9456.