Hollandse mark by Oranjehof
ORANJEHOF hou op 1 November vanaf 8.30vm tot 2nm weer sy jaarlikse Hollandse mark.
Die kinders sal met ‘n springkasteel en ander aktiwiteite vermaak word, terwyl die ouers lekker met ‘n koppie tee of koffie kan kuier. Regte Hollandse gebak gaan beskikbaar wees.
Daar sal verskeie stalletjies met spesiale Hollandse en Afrikaanse produkte wees en parkering is volop.
Oranjehof is by Ascolonastraat 57, Bonaeropark.
Vir meer inligting, skakel 011-973-3019 of Hanny van Emmerik by 082-944-6108.