Jakkals en Leo by kerk op die planke
DIE Kairosteater Kemptonpark bied op 9 November om 7.30nm sy sewentiende konsert aan met twee bekende kunstenaars, Jakkie Louw en Kevin Leo, in hul konsert, “Jakkals & Leo”.
Beide is gewilde en gevestigde kunstenaars in eie reg.
Kaartjies kos R130 ‘n persoon (tafels onder) en R100 (volwassenes) en R80 (kinders en studente) vir sitplekke op die galery.
Besprekings kan by Annatjie Krige by 082-454-3520 gedoen word.