Kemptonpark Vroue Landbou-unie vergader
Die Kemptonparktak van die Vroue Landbou-unie vergader om 9 vm vir 09:30vm op 22 Mei.
Die vergadering sal gehou word in die klein saaltjie van die NG Gemeente Kempton-Kruin in Fiskaalstraat, Glen Marais.
Jeanette Botha gaan haar ervarings toe sy saam met haar gemeente ‘n sendingreis na Indië aangepak het, deel.
Almal is welkom.
Belangstellendes kan Drienie von Wielligh by 082-454-9703 skakel.