Kerk hou winterfees

DIE NG Gemeente Birchleigh se winterfees vind op 1 en 2 Augustus by Laerskool Birchleigh plaas.

Op 1 Augustus begin die verrigtinge om 12.30nm en sal tot laataand duur. Die volgende dag is die fees van 7am tot 2nm oop.

Vrydag kan avontuurlustiges hul adrenalien laat borrel met valskerms en “go-karts”. Saterdag kan die golfers en skietvernuftiges groot pryse wen.

Kom kyk hoeveel van ons bekendes jy kan uitken deur deel te neem aan die “spot-the-celeb”-kompetisie.

Daar is baie eet- en drinkgoed, asook ‘n koffiekroeg. Daar word ook heerlike ontbyt Saterdagoggend bedien.

Verder is daar baie uitstallers wat produkte te koop aanbied.

Vir enige navrae, skakel Susan by die kerkkantoor by 011-391-2498.

Back to top button