Kinderkerk by NG Kempton-Kruin
NADAT Kempton-Kruin se Survivor-kindernaweek so suksesvol was, bied die gemeente se kinderkerk Sondag, 2 November om 9vm ‘n kinderkerk-opedag aan.
Kinders word by ses bedieningspunte bedien, waar ‘n volwaardige erediens gehou word wat ooreenstem met die ontwikkelingsvlak van die kind.
Die ses bedieningspunte is Besige Bytjies Bababediening (6 maande tot 2 jaar), Dapper Muise Peuterbediening (2 tot 3 jaar), kleuterbediening (4 tot 6 jaar), junior kinderbediening (graad 1 tot 3), senior kinderbediening (graad 4 tot 6) en die Super Sewes (graad 7).
Christen-gesinne wat laerskoolkinders het word uitgenooi om die gemeente se kinderkerk by die kerk in Fiskaalstraat, Glen Marais by te woon. Ouers is welkom om die dienste saam met hulle kinders by te woon.