Kontreifees by kerk
‘n Kontreifees word op 25 Oktober by die Hervormde Kerk Kemptonpark-Oos aangebied.
Die gaskunstenaars is Monique, Willem Botha en Times2.
Toegang is R50 volwassenes en R25 laerskoolkinders en pensioenarisse.
Daar is ook uitstallers, kosstalletjies en pret vir die hele gesin.
Skakel Anneline by 082-924-7344.