Koop potjiekos by APK Kerk
TER herdenking van die Afrikaanse Protestantse Kerk Kemptonpark se 27ste verjaarsdag hou hulle Vrydag, 12 September, ‘n potjiekoskompetisie.
Daar is verskeie potjies wat seekospotjies, wildpotjies en afvalpotjies insluit.
Kaartjies is beskikbaar teen R30 per bord vir volwassenes en R15 per bord vir kinders.
Vir meer besonderhede, skakel Carin Venter by 011-394-2864 of Corné Kruger by 011-394-2574.
Opskeptyd is 3nm.