Liewe Heksie vlieg Boksburg toe
Twee nuwe Liewe Heksie-stories het die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Live Arts Little Theatre in Boksburg op Saterdag, 5 Maart om 9vm.
Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Na pouse is dit Liewe Heksie en die Tuindwergie.
Bespreek jou kaartjies vir Liewe Heksie by Computicket.