Mathys Roets tree by kerk op
DIE gewilde Mathys Roets tree op 5 September om 7nm by die NG Kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat op.
Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R75 ‘n persoon (skoolgaande kinders R25).
Skakel 011-391-1343 tussen 7.30vm en 4nm of John by 011-391-6620 tussen 8vm en 1nm.
Daar sal die aand ook kerrie-en-rys, worsrolle en ander verversings te koop wees.