NAVI Redd tree by Kairosteater op
DIE gewilde sanggroep Navi Redd is die kunstenaars by Kairosteater se konsert op 21 Junie om 7nm vir 7.30nm.
Die teater, wat op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland in De Wiekusweg geleë is, hou al die afgelope vyf jaar konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kemptonpark.
Die begunstigde vir die tweede konsert in 2017 is Tutela Gesinsorg/Family Care in Kemptonpark, ‘n instansie wat werk met gesins- en verhoudingsprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik, moeilik-hanteerbare tieners en beweerde kinderverwaarlosing en mishandeling.
Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hulle eie kosmandjies vir die geleentheid pak.
Vir besprekings, skakel Annatjie Krige by 082 454 3520.