NG kerk hou filmaand
DIE Afrikaanse film, 70X7 (Sewentig Maal Sewe) word op 23 April by die NG Gemeente Bonaeropark vertoon.
Dis ‘n film vir die hele gesin en almal is welkom.
Gerhard Steyn, Angelique Gerber en Marcus Muller tree in die fliek op.
Die vertoning begin om 7nm en en kaartjies is by die deur beskikbaar teen R35 elk.