NG Kerk Kempton-Noord hou basaar
DIT is weer tyd vir die NG Gemeente Kemptonpark-Noord se jaarlikse kerkbasaar.
Die basaar vind plaas op 4 Maart op die kerkterrein in Highveldweg 99 en begin om 9vm.
Baie eetgoed is beskikbaar en die gewone pannekoeke, boereworsrolle en kerrie-en-rys is beskikbaar.
Daar is ook heelwat tuisgebak en ‘n teetuin.
Vanjaar is daar ook ‘n vleistafel beskikbaar waar tuisgemaakte boerewors en lamsvleis te koop sal wees.
Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 011 970 1585 of vir Janet Kunniger by 083 265 1123.